Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Annie Klopper

@ Sunday Times Books LIVE

About Annie Klopper

Annie Klopper (Die Rockjagter) woon in Kaapstad. Sy is redakteur by Protea Boekhuis en is LitNet se musiekkorrespondent. Haar rubriek oor plaaslike musiek op LitNet, getiteld Rockjagter, het gelei tot haar gereelde insetsels op RSG onder dieselfde titel.

Annie behaal ’n BA in Geesteswetenskappe asook ’n Honneurs (cum laude) en ’n MA (cum laude) in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Stellenbosch. Die titel van haar MA-tesis is “Die opkoms van Afrikaanse rock en die literêre status van lirieke, met spesifieke verwysing na Fokofpolisiekar”. In 2008, 2009 en 2010 was Annie ’n beoordelaar vir Huisgenoot se Tempo-toekennnings.

As musiekjoernalis wat gereeld saam met en agter bands aan toer, verskyn foto’s en artikels deur Annie in onder meer Huisgenoot, Rapport Tydskrif, Blunt Magazine, Fynproe, Sondag, Die Burger se JIP, KampusBurger, KampusBeeld, Die Matie, 24 Student Magazine, BRAVO!, asook op Wikipedia, die musiekkanaal MK se webwerf en op LitNet.

Foto te danke aan Versindaba

 

Please register or log in to comment