Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Annie Klopper

@ Sunday Times Books LIVE

Annie Klopper Latest

Biografie van 'n bende: Die storie van Fokofpolisiekar

Die band Fokofpolisiekar en die woord “kontroversie” gaan hand aan hand. Sedert hul eerste optrede in 2003 het hulle aanhangers gegroei – en hul teenstanders ook. Een ding is seker: Hierdie band kan nie geïgnoreer word nie.

Annie Klopper, ’n deurwinterde musiekjoernalis, is bekend daarvoor dat sy die groep se doen en late oor die jare fyn dopgehou het en hulle selfs die onderwerp van haar meestersgraad in Afrikaans gemaak het. Biografie van ’n bende het hieruit gespruit.

In dié biografie maak die leser kennis met Francois, Hunter, Wynand, Jaco en Johnny – die vyf lede agter Fokofpolisiekar. Die boek onthul fassinerende inligting wat tot nog toe nie gepubliseer is nie, soos dat die lede grotendeels hul vriendskappe met mekaar in ’n charismatiese kerk gesmee het. Die leser kry insae in hoe hul persoonlike ervarings neerslag gevind het in hul lirieke. Die staaltjies van die vyf vriende wat saam die Suid-Afrikaanse musiekbedryf op sy kop gekeer het, sorg vir baie ligte oomblikke en groot vermaak.

Die meeste van die foto’s in die boek is tot op datum nog ongepubliseer en vorm saam met die noukeurige navorsing van Klopper ’n moetlees-boek vir elke Fokofpolisiekar-aanhanger, belangstellende of nuuskierige!

ISBN-13: 9781869193423
Koop nou